Andriëtte – Sinkplaat Sessies (DVD)

R99.00 R89.00

Sinkplaat Sessies beloof om gewild onder aanhangers van eersteklas regstreekse opnames te wees. Dit is Andriëtte se eerste DVD-opname.

Die Sinkplaat Sessies-konsep het tot stand gekom as ’n platform waar Suid-Afrika se topkunstenaars die kern van musiekmaak kan vier: musikante wat in ’n intieme ruimte – ver verwyderd van die wêreld van glansverhoë – speel en sing vir vriende wat luister.

Die stel het ’n gepas minimalistiese, amper industriële gevoel, met sinkmure, antieke houtmeubels en allerlei interessanthede uit vervloë jare wat ’n eiesoortige karakter aan dié sessies verleen.

Dié DVD is ’n móét vir musiekliefhebbers vir wie ryk, akoestiese klanke – waar dit voel asof ’n kunstenaar sommer hier neffens jou sit en kuier – ’n eiesoortige bekoring bied. Andriëtte sing haar bekende treffers soos Sewe Oseane, Napoleon, Pêrel vir ’n Kroon, Vat My Hoër en nog vele meer.

Kategorieë: , ,