Refentse – Deur My Venster (CD)

R119.00 R107.00

Deur my venster bevat nuwe snitte soos die speelse Anoret en Vuil Vanderbijl, rustige nommers en ballades soos Melans Mnel en Sal Jy, sowel as meevoerende walse soos Jané vir My – skeppings uit Refentse se eie pen wat toon dat musiek en skryf deel van dié jong sangsensasie se gene is.

Legendariese goue oues, sowel as onlangse gunstelinge, word sielvol en met hernude energie deur Refentse vertolk en strek van Koos Kombuis se Lalie, Karen Zoid se Engel, Dozi se Pennies op die Spoor en Koos du Plessis se Sprokie vir ’n Stadskind tot by Laurika Rauch se Stuur groete aan Mannetjies Roux en die Anton Goosen Medley, waar hy saam met die oorspronklike kunstenaars in duet tree.

Dié album is een met ’n ryke en diverse identiteit: passievol, sosiaal, voetstamp-lekker, tong in die kies, eerlik, poëties, aangrypend.

Kategorieë: , ,