fbpx
-10%
, , , , ,

10 Dinge Wat Ek Wens Jesus Nooit Gese Het Nie (Sagteband)

van Cum Books

10 uitsprake van Jesus wat jou lewe sal verander sodat jy waarlik die kind van God kan word wat Hy wil hê jy moet wees.

R225.00 R250.00

Ons het so gewoond geraak aan ’n teologie wat net ons gemak en geluk in gedagte het. Ons het so verlief geraak op die Lam van God dat ons die Leeu van Juda heeltemal uit die oog verloor het. Ons vergeet dat Jesus dinge gesê het soos “As jou regteroog jou laat struikel, pluk dit uit” of “As julle weier om mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie” of “Nie almal wat vir My ‘Here, Here’ sê, sal in God se koninkryk ingaan nie.” Ons sal hierdie uitsprake eers regtig verstaan as ons besef: Vir Jesus het dit nooit oor ons gerief gegaan nie, maar oor ons heiligheid.
In 10 dinge wat ek wens Jesus nooit gesê het nie bespreek Victor Kuligin eerlik en nederig tien van Jesus se moeilikste uitsprake en bied praktiese raad hoe om Christus te volg. Elke hoofstuk bevat persoonlike verhale, deeglike Bybelse ondersteuning, asook nadenke van groot geskiedkundige figure soos Luther, Augustinus en Franciskus van Assisi.
10 dinge wat ek wens Jesus nooit gesê het nie sal lesers help om anders oor die kerk, God se seën en Jesus self te dink. Dit sal die manier waarop ons lewe verander sodat ons waarlik die kinders van God kan word wat Hy wil hê ons moet wees.

SKU: 9781431621255 Kategorieë: , , , , ,

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “10 Dinge Wat Ek Wens Jesus Nooit Gese Het Nie (Sagteband)”

Daar is nog geen resensies nie.

Cum Books

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 3-5 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!