fbpx
-10%
, , , , , ,

5 Minute Saam Met God (Hardeband)

van Cum Books

Benescke Janse van Rensburg het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Sy het ’n BA-graad, ’n onderwysser-tifikaat en ’n honneurs- en meesters-graad in Joernalistiek verwerf. Sy het haar loopbaan in die radio-bedryf begin as programkoördineerder en aanbieder by Radiokansel. Sy is vandag betrokke by Radio Tygerberg en is ook programaanbieder op kykNET. Verder is Benescke een van die skrywers vir die “Vers-’n-Dag”-elektroniese dagstukkies wat daagliks na meer as 80 000 intekenare oor die hele wêreld uitgestuur word. Sy skryf ook vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte en tree gereeld as motiveringspreker op. Sy is getroud met Johannes, ’n biokinetikus wat sy eie praktyk in Bellville besit, en hulle het reeds met ’n gesin begin.
5

R166.00 R184.00

5 minute – dis soms al wat jy nodig het om die seën van God se onmeetbare vrede, krag en hoop te ervaar.

In 5 Minute saam met God herinner Benescke Janse van Rensburg jou in 52 kort, inspirerende gedagtes dat God genoeg is, dat jy waardevol is vir Hom, dat Hy weet wat Hy doen, en dat Hy wag om jou te troos en te bemoedig. Elke stukkie word ook gekomplementeer met ’n aanhaling en 5 teksverse oor die tema wat jou nader aan God sal trek.

5 Minute saam met God wys dat wanneer ons selfs net enkele minute saam met God deurbring, ons die krag en moed sal ontvang om probleme aan te pak en die lewe te leef wat God vir ons beplan het.

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “5 Minute Saam Met God (Hardeband)”

Daar is nog geen resensies nie.

Cum Books

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 3-5 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!