fbpx
-10%
, , ,

5 minuut dagstukkies vir meisies

van Struik Christian Media

Meisies sal mal wees oor die 180 dagstukkies in hierdie boek. Dit is gemik op pre-tieners tussen agt en twaalf, met pittige teks en pragtige bladsye vol lewensraad vir meisies wat nader aan God wil kom en hul geloof op ’n praktiese manier wil uitleef. Die temas sluit in: groepsdruk, familiesake, ouens, selfvertroue en vriendskap.

R186.00 R207.00

Maak die meeste van elke oomblik saam met God met 5-minuut-dagstukkies vir meisies. Hierdie dagstukkieboek – gemik op meisies tussen die ouderdomme van agt en twaalf – sal besige meisies help om rustig te word en nader aan God te kom. Die 180 kort maar kragtige dagstukkies is ideaal vir elke dag se stiltetyd en word vergesel deur ’n toepaslike Skrifgedeelte wat tot jong meisies sal spreek. Die temas fokus op die hoogtepunte en swaarkry van die moeilike pre-tienerfase: vriendskap, groepsdruk, boelies, kêrels en selfvertroue – terwyl dit hulle leer hoe om hul geloof elke dag uit te leef. Met sy kleurryke omslag en pragtige binneblaaie is hierdie boek die perfekte geskenk vir verjaardae, Kersfees of enige spesiale geleentheid.

SKU: 9781415340882 Kategorieë: , , ,

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “5 minuut dagstukkies vir meisies”

Daar is nog geen resensies nie.

Struik Christian Media

error: Inhoud Is Beskerm!!