fbpx
, , ,

5 Tale Van Die Liefde – ‘N Bybelstudie (Sagteband)

van Cum Books
Beskikbaarheid:

Uit voorraad


7 studies oor die 5 liefdestale wat wêreldwyd ʼn positiewe impak op huwelik het.

R90.00

Uit voorraad

In 2017 is Gary Chapman se boek The 5 Love Languages al vir 25 jaar ’n New York Times-topverkoper. Duisende paartjies kan getuig van die lewensveranderende invloed wat dié boek, wat al in 50 tale vertaal is, op hulle verhoudings gehad het.
Die inhoud van hierdie gewilde boek is nou verwerk in ’n Bybelstudie, Vyf tale van die liefde – ’n Bybelstudie. In 7 weke openbaar die studie die verskillende maniere waarop mense hulle liefde uitdruk en bied ook die sleutel om mekaar se unieke behoeftes te verstaan. Met behulp van Skrifstudie, besprekingsvrae en praktiese wenke sal lesers ontdek dat indien hulle die regte beginsels toepas en mekaar se regte liefdestaal aanleer, hulle onbeskryflike bevrediging en vreugde in hulle huwelik sal ervaar omdat hulle werklik sal weet hoe om hulle liefde uit te druk en geliefd te voel. Agter in die Bybelstudie is daar ook handige riglyne vir groepleiers wat hulle voor en tydens sessies sal help.
Vyf tale van die liefde – ’n Bybelstudie sal ’n lewenslange positiewe impak maak op huwelike

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “5 Tale Van Die Liefde – ‘N Bybelstudie (Sagteband)”

Daar is nog geen resensies nie.

Cum Books

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 3-5 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!