fbpx
-20%
, , , , , , , ,

50 vrae om jouself te vra teen 50 (ePub)

van Carpe Diem Media

…en die antwoorde wat elke vrou moet weet

Hierdie boek bied 50 sulke vrae. Sommige is plesierig; ander knaag aan jou. Vir party sal jy dalk (nog) nie ’n antwoord hê nie. Vir ander sal jou antwoord maklik kom en vir nog ander sal jou antwoord van dag tot dag verskil. Maar om hierdie vrae te oordink sal jou lewe verander.

Lees met ons Verrso digital reader app.

R70.00 R88.00

Hoe goed ken jy jouself? Die grootste liefde wat jy aan jouself kan bewys, is om te weet wie jy is. Selfkennis bring jou op die pad wat God vir jou bedoel het. Een manier om jouself beter te leer ken, is om vrae aan jouself te stel – en te antwoord.

Hierdie boek bied 50 sulke vrae. Sommige is plesierig; ander knaag aan jou. Vir party sal jy dalk (nog) nie ’n antwoord hê nie. Vir ander sal jou antwoord maklik kom en vir nog ander sal jou antwoord van dag tot dag verskil. Maar om hierdie vrae te oordink sal jou lewe verander.

… laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
Romeine 12:2

Jy hoef nie alleen na antwoorde te soek nie. Bybelverse en die advies van kenners sal jou in die regte rigting stuur in antwoord op vrae soos: Hou jy van jouself? Sal jy enduit kan bly glo? Waarvoor wil jy onthou word? Het jy al vrede gemaak met jou verlede?

Gryp hierdie kans! Jou sukses en geluk begin wanneer jy vrae vra. Dit weerhou jou daarvan om tevrede te wees met ’n afskeeplewe.

Jy hoef ook nie 50 te wees wanneer jy begin vrae vra nie! ’n Mens is dan dapper genoeg om eerlik te wees, maar enige ouderdom is die regte ouderdom vir …

50 VRAE om jouself te vra teen 50

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika