fbpx
-20%
,

Begin jou dag met God

van Carpe Diem Media
Beskikbaarheid:

In voorraad


Begin jou dag met God

Die 52 skrywers in Begin jou dag met God Bybeldagboek se boodskappe is in 52 weke opgedeel. Vir ’n jaar lank sal God met jou praat deur spesiaal uitgesoekte verse uit die Bybel en die aktuele toepassings daarvan deur mense wat die lewe saam met jou leef.

R136.00 R170.00

In voorraad

Wat kan beter wees om jou dag saam met God te begin as ’n beker koffie en RSG se vroegoggend program, Sielsgedagte? Hierdie Bybeldagboek!

Voel God ver van jou seer? Het jy te veel probleme wat jou lus vir ’n nuwe dag steel? Soos wat elke nuwe dag met sonsopkoms ontwaak, kan jy jou siel wakker maak met die Woord van God en die woorde van mense wat Sy beloftes vir jou oopmaak.

Begin jou dag met God is die derde boek (na ’n Jaar met God en Nog ’n jaar met God) waarin die gewildste radio boodskappe van predikers soos Isak Burger, Liesel Krause-Wiid, Flip Loots en Hennie Stander saamgevat is. Elkeen van die stemme wat op RSG se gewilde program gehoor word, is tydloos in die kragtige effek wat hulle op gelowiges se lewens het.

Die 52 skrywers in hierdie dagboek se boodskappe is in 52 weke opgedeel. Vir ’n jaar lank sal God met jou praat deur spesiaal uitgesoekte verse uit die Bybel en die aktuele toepassings daarvan deur mense wat die lewe saam met jou leef.

Begin jou dag met beloftes van God se omgee vir jou probleme, ’n nuwe manier van dink oor die seer op jou pad en die wete dat jy ’n kind van die Almagtige Vader is. Woorde soos hoop, vergifnis en vrede sal na hierdie boek nie meer betekenislose “kerk”-woorde wees nie. Hulle sal praktiese maniere word om nader aan God te kom.

Of jy hierdie Bybeldagboek gebruik om jou dag soggens mee te begin of saans mee te af te sluit, is jou keuse. Om elke oom blik van elke dag by jou te wees, is die keuse wat God gemaak het. Begin jou dag met God sal jou daagliks hieraan herinner.

SKU: 9781432202958 Kategorieë: ,

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Begin jou dag met God”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika