fbpx
-90%
, , , , , , , ,

Bly kalm en leer slim-studieprogram

van Carpe Diem Media
Beskikbaarheid:

In voorraad (can be backordered)


Ouers en leerders kan nou kragtige, beproefde gewoontes vir suksesvolle leer ontdek – in die Bly Kalm en Leer Slim-studieprogram.

R99.00 R995.00

In voorraad (can be backordered)

STUDIEPROGRAM

Ouers en leerders kan nou kragtige, beproefde gewoontes vir suksesvolle leer ontdek – in die Bly Kalm en Leer Slim-studieprogram.

Talle kinders sukkel om te leer. Met skooleksamens sit die meeste ouers met die hande in die hare oor dreigende swak punte, liggeraakte kinders en ’n gespanne atmosfeer in die huis.

Die belangrikste is dat om alles uit jou kop te probeer leer ’n fout is! Om te verstaan wat jy leer, is die sleutel tot sukses. Hoe om dit prakties reg te kry, sal kinders stap vir stap kan aanleer. Alhoewel die program oor 12 weke strek, kan dit in ’n korter of langer tydperk deurgewerk word. Jy en jou kind bepaal self hoe vinnig julle daardeur wil gaan.

Waar gaan jy tyd kry hiervoor?

Om weekliks na ’n DVD te kyk en die bladsye in die ouerhandleiding te lees, is dalk minder as die tyd wat jy sou bestee om na ’n sportwedstryd van jou kind te kyk. Die Bly Kalm en Leer Slim-studieprogram is ontwikkel deur dr.
Deon van Wyk en dr. Jena Raubenheimer. Albei het jare lange praktykondervinding van studiehulp aan skoliere.

Die program bestaan uit drie DVD’s, vir ouers, laerskoolkinders en hoërskoolkinders. Daar is ook ’n handleiding vir
ouers, en afsonderlike werkboeke vir laerskool- en hoërskoolkinders. Die DVD’s word deur die bekende motiveringspreker en ma van drie kinders, Lindie Strydom, aangebied. “Daar is ‘n verskil tussen ‘hard’ leer en ‘slim’ leer. Ek het ‘hard’ geleer op skool, maar dit het onnodige druk op my geplaas met vele laat nagte. In hierdie program word kinders studievaardighede aangeleer wat hulle help om hul werk in ’n korter tyd, beter te verstaan, en beter te onthou. Hulle ontwikkel gevolglik selfvertroue in hul vermoë om te leer, en ’n positiewe houding teenoor studie”, sê Lindie. Vir minder as ’n maand se skoolfonds kry jy alles wat nodig is vir jou kind se suksesvolle leer van graad 4 tot universiteit.

Jy kan ekstra werkboeke aflaai en hoef dus net een pakket te koop, ongeag hoeveel kinders jy het of in watter ouderdomsgroep hulle val.

Én dit spaar jou en jou kind die trauma en finansiële verlies van ’n mislukte eerste jaar by ’n tersiêre instelling. Onthou, meer as die helfte van eerstejaars in Suid-Afrika druip of val uit!

 

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Bly kalm en leer slim-studieprogram”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!