Confessions oor kerkwees - Voelgoedboeke
-60%
, , , , ,

Confessions oor kerkwees

van Carpe Diem Media
Beskikbaarheid:

In voorraad


Nadenke oor die kerk en Christenwees in ‘n moderne tyd

R67.00 R169.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 67 Bonuspunte verdien.

JACO STRYDOM het teologie gestudeer aan die Universiteit van Pretoria en NWU. Hy het ’n tyd lank in Indië gewoon en was ook betrokke by projekte in Nepal, Pakistan, Bangladesj en Kenia. Tans is hy deeltyds predikant in Villieria en die leier van Echo Jeugontwikkeling, ’n alternatiewe geloofsgemeenskap wat verblyf en ondersteuning bied aan jongmense sonder heenkome. Meer as ’n honderd van sy rubrieke en artikels is in ’n verskeidenheid tydskrifte en koerante gepubliseer.

“CONFESSIONS OOR KERKWEES reflekteer my nadenke in koerante, tydskrifte, my blog en ander publikasies. Wanneer jy ’n rubriek of artikel skryf, skryf jy vir ’n spesifieke leser, die tipiese oom of tannie wat daai koerant of tydskrif koop. Die goed op my blog is anders – wie weet wie lees dít? Baie van wat ek daar geskryf het, het uitgeglip en is nie beplan nie.

“Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin én wit én swart, mooi en lelik, goed en sleg. In die woorde van Diane Ackerman: ‘It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.’ My hoop is dat jy iets hiervan sal raaklees.

“My grootste inspirasie was nog altyd die vreemde wesens wat ek deur die jare raakgeloop het op onwaarskynlike plekke – selfs in my drome. Baie van hulle waag dit selde op “tradisioneel godsdienstige plekke”, maar hulle ken geheime oor God. Ek wil jou graag aan ’n paar van hulle voorstel.

“Ek het met die saamstel van die boek agtergekom dat ek nie altyd met myself saamstem nie, hier en daar weerspreek ek myself. Ek vermoed ek is geestelik effens bipolêr, veral met betrekking tot die kerk. Soms laat sy my huil, soms laat sy my lag, soms wonder ek of as Jesus vandag sou lewe, Hy ons ook van die Christendom sou wou verlos.

“Die boek is dus ietwat deurmekaar, maar ten minste (hoop ek) nie te vervelig nie …”

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Confessions oor kerkwees”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!