fbpx
-20%
, , , , , , ,

Dans onder die sterre (ePub)

van Carpe Diem Media

‘n Bybeldagboek vir enkelvroue

Dans onder die sterre is nie maar net nog ’n Bybeldagboek vir gelowiges wat iets soek om te lees nie. Dis presies wat enkellopendes nodig het: dagstukke geskyf deur vroue wat ’n solo lewe ken. Dis woorde wat gelééf moet word, elke dag, die hele jaar.

Lees met ons Verrso digital reader app.

R115.00 R144.00

Om alleen te wees beteken nie dat daar iets fout is met jou nie, dat jy iets verkeerd in die lewe gedoen het nie, dat jy nie goed genoeg is nie. Dit beteken dat jy sterk genoeg is om op te staan en die lewe in oorvloed te geniet. Jy is lief vir jouself en het Hom aan jou sy.

Dans onder die sterre is nie maar net nog ’n Bybeldagboek vir gelowiges wat iets soek om te lees nie. Dis presies wat enkellopendes nodig het: dagstukke geskyf deur vroue wat ’n solo lewe ken. Dis woorde wat gelééf moet word, elke dag, die hele jaar.

Hierdie dagstukke gee nie goedkoop raad hoe om weer deur die lewe te huppel nie. Maar hulle sal jou verseker van God se liefde en die omgee van ’n groep vroue wat weet wat regtig werk. Hulle sal jou weer laat glo in liefde wat op meer as een plek gevind kan word. Dan kan jy ook ’n solo dans in die sterreglans van hemelse genade.

Enkelwees beteken nie noodwendig alleen of eensaam wees nie. Daarom, sien jouself as in ’n voorbereidingsfase, ’n groeifase, ’n herstelfase van jou lewe.

WANDA BAM, radioaanbieder, spreker en skrywer

Om as enkellopende in Jesus se teenwoordigheid te skuil is soos sonroom vir jou binnemens – met ’n hemelhoë beskermingsfaktor.
ANNALISE WIID, sanger, skrywer en motiveringspreker

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!