fbpx
, , , , ,

Die Bergrede (Sagteband)

van Cum Books
Beskikbaarheid:

In voorraad


Adrio König se grootste belangstelling is die Bybel self. Hy was 40 jaar betrokke by UNISA en het die voorreg gehad om met teoloë uit baie ander kerke saam te werk. Dit het in hom ’n ruimheid geskep vir ander se oortuigings. Adrio is getroud met Hermien. Hulle het drie kinders, Mari, Carina en Friedrich, en ses kleinkinders, Guillaume, Helet, Wiets, Ilani, Joy en Grace. En almal dien die Here.

R186.00

In voorraad

Jesus se Bergrede is een van die bekendste gedeeltes in die Bybel en een van die aangrypendste preke wat die wêreld nóg gehoor het, en tog word dit soms verkeerd verstaan. Gerekende teoloog Adrio König ruim enige misverstand uit die weg, want die Bergrede gaan nie net oor seën en straf nie, maar bevat in wese die bloudruk vir ’n geseënde lewe. Hy wys ook hoe dit verband hou met die Ou Testament en deel verder ’n paar ander verrassings met die leser.

In Die Bergrede vat Adrio König die inhoud van die Bergrede (Matteus 5-7) kernagtig saam, maar bespreek ook die onderafdelings van die Bergrede in detail. Hy verduidelik op ’n praktiese manier hoe hierdie lewensreëls vandag nog nuttig is vir gelowiges en gee selfs vrae vir nadenke.

Die Bergrede sal nie net jou verstaan van die betekenis van die Bergrede verander nie, maar dit sal jóú ook verander.

SKU: 9781431620128 Kategorieë: , , , , ,

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Die Bergrede (Sagteband)”

Daar is nog geen resensies nie.

Cum Books

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 3-5 werksdae van Suid Afrika