fbpx
, , , , ,

Die Meesterstuk

van Cum Books
Beskikbaarheid:

In voorraad


Francine Rivers skryf al vir meer as 40 jaar. Van 1976 tot 1985 het sy vir die sekulêre mark geskryf en verskeie toe-kennings ontvang. Nadat sy in 1986 tot bekering gekom het, het sy haar eerste Christelike boek geskryf. Sedertdien het sy al verskeie toekennings ontvang, onder andere ’n ECPA Gold Medallion en die voortreflike Romance Writers of America Rita Award.

R310.00

In voorraad

Roman Velasco is ’n suksesvolle Los Angeles-kunstenaar wat oënskynlik alles het wat sy hart begeer – ʼn groot herehuis, geld, vroue en roem. Slegs Grace Moore, sy teësinnige nuwe assistent, weet hoe min hy regtig het. Maar Grace weet nie hoe haar baas in die geheim met sy duiwels stoei nie: deur geboue te teiken as die Bird, ’n berugte maar ongeïdentifiseerde graffiti-kunstenaar – ’n alter ego wat Roman se loopbaan kan verwoes en hom in die tronk kan laat beland.

Soos Roman, worstel Grace ook met spoke en geheime van haar eie. Ná ’n rampspoedige huwelik haar lewe totaal van koers afgegooi het, het sy gesweer dat liefde nooit weer haar drome sal kniehalter nie. Maar soos sy die enigmatiese man agter die reputasie leer ken, is dit asof hulle gebroke stukke stadig inmekaar begin pas … totdat iets onverwags gebeur wat die loop van hulle verhouding – en albei se lewe – onherroeplik verander.

Die meesterstuk is ʼn splinternuwe liefdesverhaal deur bekroonde New York Times-topverkoper-outeur Francine Rivers wat jou herinner dat genade selfs die mees gebroke persoon in ’n onvolmaakte tog ongelooflike meesterstuk kan verander.

SKU: 9781431617401 Kategorieë: , , , , ,

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Die Meesterstuk”

Daar is nog geen resensies nie.

Cum Books

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 3-5 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!