fbpx
-30%
, , , , ,

Die mooiste Bybelverse

van Carpe Diem Media

Die mooiste Bybelverse is ʼn volkleurboek met 44 kragtige beloftes uit die Bybel en ‘n kort, inspirerende stukkie pitkos vir krisistye. Die bladsye met kleurvolle Bybelverse in hierdie boek is geperforeer sodat jy dit kan uitskeur en met iemand deel. Jy kan vandag ‘n verskil in iemand se lewe maak.

R77.00 R110.00

As jy vandag moeg en moedeloos is, of jy weet van iemand wat deur ʼn moeilike tyd worstel, is dié inspirerende Bybelverse in hierdie boekie, spesiaal vir jou bedoel.

Dit is ʼn skatkis van hoop

Die mooiste Bybelverse is ʼn volkleurboek met 44 kragtige beloftes uit die Bybel en ‘n kort, inspirerende stukkie pitkos vir krisistye. Die bladsye met kleurvolle Bybelverse in hierdie boek is geperforeer sodat jy dit kan uitskeur en met iemand deel. Jy kan vandag ‘n verskil in iemand se lewe maak.
Wees dus ʼn lig in jou geliefdes, vriend of vriendin, of selfs ʼn vreemdeling se lewe deur ʼn bemoedigende Bybelversie uit te skeur en aan te gee. Die persoon kan die inspirerende boodskap dan teen ʼn spieël, rekenaar of yskas plak om elke dag, die hele dag lank, herinner te word aan God se groot genade en liefde vir ons.

So sal jy gou weer ʼn glimlag op iemand se gesig bring as die dag donker lyk. En ten spyte van valleie, sal Die mooiste Bybelverse jou help onthou dat saam met Hom, sal daar ook bergpiek-oomblikke wees!

SKU: 9781432206055 (CDJ14) Kategorieë: , , , , ,

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Die mooiste Bybelverse”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika