Een vraag per dag - Voelgoedboeke
-61%
, , , , ,

Een vraag per dag

van Carpe Diem Media
Beskikbaarheid:

In voorraad


99 vrae vir ‘n lewe wat saak maak

Lynette Beer vra 99 vrae oor dinge wat regtig saak maak en jou by lewensveranderende antwoorde sal uitbring.

R39.00 R99.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 39 Bonuspunte verdien.

Ons leef soms bloot van dag tot dag, sonder om te dink waarheen ons op pad is. Dis egter nooit te laat om ’n betekenisvolle lewe te begin leef en vervuld en tevrede te voel nie.

Hoe verander ’n mens jou lewe?
As ons dink aan iets wat ons lewe kan verander, dink ons gewoonlik groot: ’n nuwe werk, ’n verhuising, ’n verhouding wat begin of beëindig word. Soms is dit egter iets kleins wat belangrik genoeg is om ’n groot verskil te maak.

Een vraag op ’n slag!
Dit is waar EEN VRAAG PER DAG jou gaan help. Een op-die-man-af-vraag kan die rigting van jou lewe heeltemal verander… Lynette Beer vra 100 vrae oor dinge wat regtig saak maak en jou by lewensveranderende antwoorde sal uitbring.

Jy kan op enige tydstip met dié joernaal begin. Skryf bloot vandag se datum by ’n vraag in en gebruik ’n paar minute om daaroor te dink. Skryf jou gedagtes neer en werk dan stelselmatig verder deur die boek.
Kyk hoe jou lewe verander.

By elke vraag is daar ruimte om op twee verskillende datums ’n antwoord neer te skryf. As die eerste 100 dae om is, kan jy dieselfde vrae weer antwoord. Dit gee jou ’n idee van hoe jou lewe oor ’n paar maande verander het.

SKU: 9781432208561 (CDG16) Kategorieë: , , , , ,

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!