fbpx
-20%
, , , , , , ,

Eerste 5

van Carpe Diem Media
sagteband
Beskikbaarheid:

In voorraad


‘n Bybeldagboek

Eerste 5 is perfek om vroue te help om stiltetyd ’n prioriteit te maak. Hierdie Bybeldagboek gaan jou nie net nader aan God bring nie, dit gaan jou ook nader aan jouself bring.

R128.00 R160.00

In voorraad

“Party oggende het jy regtig nie eers tyd om ontbyt te eet nie, wat nog van stiltetyd hou. Moenie moedeloos raak as jy nie ’n halfuur of ’n uur opsy kan sit vir jou stiltetyd nie. Dis nie altyd die hoeveelheid tyd wat jy spandeer nie, maar die gehalte van jou tyd wat saak maak. Al het jy nie baie tyd nie, kan jy in vyf minute jou kop regkry vir die uitdagings wat op jou wag.

5 MINUTE MAAK SAAK

Al wat dit vat om met God te connect, is vyf minute! Leer hoe God oor jou voel en dat Hy altyd by jou is, nie net wanneer jy direk met Hom gesels nie. Leer hoe om teleurstellings te hanteer, krisisse te oorkom en te weet dat jy goed genoeg is!

MAAK STILTETYD ’N PRIORITEIT

Eerste 5 is perfek om vroue te help om stiltetyd ’n prioriteit te maak. En al wat dit van jou gaan vra, is vyf minute! Daar is ’n Bybelvers om jou te anker vir die dag en ’n inspirerende dagstukkie wat jou help om as vrou nader aan God te beweeg. Hierdie Bybeldagboek gaan jou nie net nader aan God bring nie, dit gaan jou ook nader aan jouself bring.”

Gebaseer op 2 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Eerste 5”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika