fbpx
-50%
, , , , , ,

Finesse Beplanner 2020

van Carpe Diem Media

Droom. Glo. Doen.

Hierdie alles-in-een-beplanner help jou om te fokus op dinge wat regtig saak maak. Dit help jou om doelgerig te leef en jou geloof ook deel te maak van jou daaglikse roetine.

R109.00 R219.00

Droom. Glo. Doen.

Party dae gaan dit doller as kop af. Daar is soms net te min ure in elke dag. Jy wil so graag die dinge wat regtig belangrik is, ’n prioriteit maak. Maar hoe doen ’n mens dit met ’n oorvol program?

Hier is die goeie nuus. In plaas daarvan om bloot die chaos te bestuur, kan jy elke oomblik laat tel, met die Finesse Beplanner 2020.

Hierdie alles-in-een-beplanner help jou om te fokus op dit wat regtig saak maak. Dit help jou om doelgerig te leef en jou geloof ook deel te maak van jou dag-tot-dag-roetine.

Wat jy in die Finesse Beplanner 2020 kry:

Doelbewuste refleksie
In plaas daarvan dat jy toegegooi bly onder al die doenlysies en nie by jou gees uitkom nie, sal die weeklikse refleksie jou help om God se plan vir jou lewe te ken. Sodoende kan dit wat jy vir elke dag beplan, daarby inpas.

Bladsye vir stil word
Hierdie bladsye het spasies waar jy notas of joernaalinskrywings oor jou pad saam met God kan maak. So kan jy neerpen wat Hy besig is om jou op hierdie reis te leer.

Effektiewe beplanning
Aan die begin van elke maand is daar ’n maandelikse kalender sodat jy met een oogopslag kan sien wat alles daardie maand moet gebeur. Daar is ook ’n doenlysie vir al daardie huishoudelike take, vir elke vertrek van die huis.

Weeklikse beplanner
Met oop spasies vir elke dag se take en ekstra plek vir ’n inkopielysie, bly jy maklik op hoogte met elke dag se program.

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Finesse Beplanner 2020”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!