fbpx
-20%
, , , ,

Gelukkig getroud (ePub)

van Carpe Diem Media
100 antwoorde op vrae oor jou huwelik

Gelukkig getroud verstaan wat jou drome vir jou getroude lewe is. Hierdie eerlike gids praat in 100 stukke reguit met jou hart én verstand. Regte vroue vertel wat hulle as waardige vroue in die huwelik laat uitstyg het. Hulle verhale sal jou laat giggel, jou inspireer en jou dalk ’n traan laat wegvee. Uit hulle lesse leer jy wat humor, geduld en ’n positiewe houding in jou huwelik kan beteken. En natuurlik leer jy wat die krag is van ’n vrou wat bid.

R64.00 R80.00

JOU HUWELIK IS NIE ’n SPROKIE NIE …
MAAR JULLE KAN LANK EN GELUKKIG SAAMLEEF!

 

Wat is die geheim van ’n gelukkige huwelik?
Is daar nog sterre in jou oë – of net trane?
Hoe getrou is hy aan jou – en jy aan hom?
Het julle ’n vervulde sekslewe?
Is jy tevrede met die hoeveelheid tyd wat julle aan mekaar afstaan?
Hoe gereeld lag julle saam oor die lewe … bid julle saam?
Jy kan weer in die liefde en jou huwelik glo!

Hierdie boek nooi jou uit om 100 antwoorde vir jou vrae oor getroud-wees  te ontdek. Hier is raad vir klein jakkalsies (én grotes) soos …

  • hoe om elke dag te kies om getroud en gelukkig te wees
  • wat om te doen om heel te word na seerkry … en te vergewe
  • die kuns om ’n affair te voorkom (en wat om te doen ná een)
  • die geheim van intimiteit en plesierige seks
  • om te keer dat “ek-tyd” julle “ons-tyd” steel
  • hoe om saam die Here te dien

Gelukkig getroud verstaan wat jou drome vir jou getroude lewe is. Hierdie eerlike gids praat in 100 stukke reguit met jou hart én verstand.

Regte vroue vertel wat hulle as waardige vroue in die huwelik laat uitstyg het. Hulle verhale sal jou laat giggel, jou inspireer en jou dalk ’n traan laat wegvee. Uit hulle lesse leer jy wat humor, geduld en ’n positiewe houding in jou huwelik kan beteken. En natuurlik leer jy wat die krag is van ’n vrou wat bid.

Gelukkig getroud is soos jou huweliksberader wat jy met jou kan saamdra!

SKU: 9781432202811 Kategorieë: , , , ,

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Gelukkig getroud (ePub)”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika