fbpx
-20%
, , , , , ,

God se plan om natuurlik gesond te leef

van Carpe Diem Media
Beskikbaarheid:

In voorraad


’n Beproefde plan om natuurlik gesond te leef

Johan Jacobs het begin soek na ’n gesonde leefstyl wat die liggaam in staat sal stel om homself te genees en gesond te hou, ten spyte van die gifstowwe in ons omgewing en ons moderne leefstyl. God se plan om natuurlik gesond te leef leer jou hoe jy ’n gesonde leefstyl in ’n ongesonde omgewing kan volg en steeds energiek te wees.

R136.00 R170.00

In voorraad

Die diagnose van meervoudige sklerose beteken gewoonlik ’n vonnis – een van aftakeling en gestremdheid en uiteindelik die dood. Medici beskou dit as ’n outo-immuunsiekte, dit wil sê, die liggaam se immuunstelsel raak die kluts kwyt en begin die liggaam se eie weefsel aanval en beskadig.

Die skrywer kon dit nie aanvaar dat die Godgeskape liggaam so ’n fout kan maak nie. Hy het die wortel van die probleem gesoek en dit deur genade ook gevind. Verder het hy ’n gesonde leefstyl gesoek wat die liggaam in staat stel om homself te genees en gesond te hou.

Ons moderne leefstyl met sy kitskos, wat onder meer gelaai is met onnatuurlike hoeveelhede suiker, verfynde graanprodukte en chemiese middels, skiet egter ver te kort aan die nodige boustene vir ons liggaam. Daarby is daar talle gifstowwe in ons omgewing wat ons liggaam besoedel en ons aftakel en “siek” maak.

Ons liggaam is op wonderbaarlike wyse geskep om homself op te bou terwyl ons groei, en om homself daarna in stand te hou, te genees en te beskerm. Maar die ononderhandelbare voorwaarde hiervoor is optimale voeding en die uitskakeling van gifstowwe.

In hierdie boek verduidelik Johan dat die jagter-versamelaarleefstyl die enigste is wat vir die moderne mens gesondheid kan bring.

“Daar is ’n God,” getuig Johan oor die genesingspad wat hy geloop het. “Hy het ons gebede verhoor en ons ’n duidelike boodskap gegee, naamlik die Go Natural-boodskap, wat eintlik net beteken ‘doen dit op God se manier’. Vandag kan ons mense adviseer oor hoe om in die veranderde tyd steeds gesond en energiek te wees.”

Johan en sy vrou, Alicia, bedryf die Go Natural leefstyl/bediening in Somerset-Wes. Besoek gerus hul webtuiste by www.gonatural.co.za.

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “God se plan om natuurlik gesond te leef”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika