Helena Hugo Derde Keur - Voelgoedboeke
-10%
, , , ,

Helena Hugo Derde Keur

van NB-Uitgewers

R212.00 R235.00

As jy die produk koop kan jy 4346 Bonuspunte verdien.

In Alinda se lampie werk Alinda al lank in Saoedi-Arabië, en van ’n prins op ’n Arabier-perd is daar geen sprake nie. Haar lewe is vervelig . . . tot ’n man op ’n dag voor haar staan met ’n silwerlampie. “Magic lamp will make you happy,” sê hy. Alinda kan doen met ’n bietjie geluk noudat prinses Irmina dr Danie Hartogh se hart gesteel het. Sy koop die lampie net daar. Wie weet, dalk kan ’n towergees haar help om sy liefde terug te wen . . .

In Narkose vir die hart het dr Saranie du Plessis haar worshond, haar lovebirds en haar narkotiseur-studies. Meer soek sy nie. Dat sy aan die verkeerde kant van dertig en steeds manloos is, is iets wat haar familie groter hoofbrekens besorg as vir haar. Daar is egter één man wat haar hart vinniger kan laat klop: die afsydige dr Franz Strauss. Hy staan bekend as die Walskoning, en Saranie sal voorwaar nie omgee om deur hom uit haar skoene gedans te word nie. Net jammer dat die draak Glenda Olckers reeds haar kloue in Franz geslaan het . . .

SKU: 9780624090502 Kategorieë: , , , ,

NB-Uitgewers

Versend vanaf

Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!