fbpx
-80%
, , , , , , , , , , , , , ,

Help, ek is ‘n skoonma (skoondogter)!

van Carpe Diem Media
Beskikbaarheid:

In voorraad


om méér as net familie te wees

In hierdie boek vertel 30 vroue wat vir hulle werk en wat nie. Die moeders wat hulle wysheid deel, sluit in Elise Grey, Wanda Bam en Nina Smit. Die dogters wat uitpraat, is onder andere Gretha Wiid, Karlien van Jaarsveld, Amy Kleinhans en Mandi Baard.

R23.00 R115.00

In voorraad

Alle grappies op ’n stokkie … Wanneer twee vroue deur ’n huwelik verpligte familie word, kan die vonke spat. Dit maak nie net die skoonma en skoondogter ongelukkig nie, dit skep ook spanning by die mans in hulle lewe én hulle (klein)kinders.

Dis al amper vanselfsprekend dat skoonma’s skoonmonsters genoem word. En die bruid rol uit gewoonte haar oë oor haar verpligte nuwe ma se anderste maniere. Maar dit hoef nie so te wees nie! In hierdie boek vertel 30 vroue wat vir hulle werk en wat nie.

Die moeders wat hulle wysheid deel, sluit in Elise Grey, Wanda Bam en Nina Smit.

Die dogters wat uitpraat, is onder andere Gretha Wiid, Karlien van Jaarsveld, Amy Kleinhans en Mandi Baard. Help, ek is ‘n skoonma (skoondogter)! bevat g’n gepreek of streng voorskrifte nie, net hart-tot-hart-vertellings om uit te werk hoe skoonfamilie méér as net familie kan wees en mekaar met respek en omgee kan behandel.

As bonus praat dr. Gustav Gous, verhoudingskonsultant en lewensafrigter saam, om seker te maak jy weet hoe om kwessies te hanteer soos …

  • Inmenging in mekaar se huishoudings
  • Hoe die kinders opgevoed moet word
  • Om mekaar te wil verander
  • Hoe om ’n gelowige familie te wees.

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Help, ek is ‘n skoonma (skoondogter)!”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!