Hoe om te wen in besigheid (ePub) - Voelgoedboeke
-20%
, , , , , , , , , , , , ,

Hoe om te wen in besigheid (ePub)

van Carpe Diem Media Digitaal
Beskikbaarheid:

In voorraad


As ander dit kan regkry kan jy ook!

HOE OM TE WEN IN BESIGHEID is ’n versameling van gesprekke oor ywer, visie, selfdissipline, risiko’s, familie, energie en ’n unieke manier van dink deur Elsje van Jaarsveld met entrepreneurs en sakelui van die weeklikse program, Sakeprofiel op PretoriaFM.

R95.00 R119.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 95 Bonuspunte verdien.

MOET NOOIT MOED OPGEE NIE – JY SAL SUKSES BEHAAL!

Hoekom is party mense arm en ander het die vermoë om welvaart te skep asof dit amper moeiteloos is? Suid-Afrika se voorste sakelui beantwoord die vrae wat jy nog altyd vir hulle wou vra. Hulle gesels oor ywer, visie, selfdissipline, risiko’s, familie, energie en ’n unieke manier van dink.

Van die sakelui sluit in: Wouter Snyman, Magnus Heystek, Kobus Neethling, Hannes Jansen, Ernest du Toit, Marius Barnard en Riaan Jacobs. Met hierdie boek kan jy in die gedagtes klim van ’n baanbreker, ’n held, ’n entrepreneur. Jy kan hulle werklik leer ken en uit hulle foute leer.

As jy jou eie besigheid wil begin, is daar ’n paar basiese dinge wat jy van hierdie mense kan leer: Jy en jou gesin moet bereid wees om baie tyd op te offer. Beplanning is deurslaggewend.

Laataand, snags, of met hanekraai moet jy in jou kantoor, studeerkamer of op jou oefenfiets wees en jou kop regkry. Jy moet werk aan jou visie en strategie. Daar sál teleurstellings wees. Wanneer dit moeilik gaan moet jou droom groot genoeg wees om jou te dryf. Jy moet so geïnspireerd wees dat jy ten spyte van omstandighede steeds met passie werk toe gaan. Daar is nie iets soos vinnige geld nie.

Dit verg deursettingsvermoë en dis bitter harde werk. Die belangrikste is egter om jou kop reg te kry. Soos John Maxwell sê: “Jaag die droom en die geld sal kom.” Almal is dit eens: Moet nooit, ooit opgee nie! HOE OM TE WEN IN BESIGHEID is ’n versameling van gesprekke deur Elsje van Jaarsveld met entrepreneurs en sakelui van die weeklikse program, Sakeprofiel, ‘n radio-program wat die alledaagse lewe bloot lê van mense wat iewers besluit het om die stil pad na wasdom te neem, op PretoriaFM.

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Hoe om te wen in besigheid (ePub)”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media Digitaal

error: Inhoud Is Beskerm!!