Johan Smit het vir jare diep spore in duisende gelowiges se harte getrap met dagboeke wat spreek van insig, geloof, deursettingsvermoë en ’n liefde vir die Vader.
Nou is 366 oordenkings deur dié geliefde outeur saamgevat in ’n spesiale herdenkingsbundel, In die skadu van die Allerhoogste. Die dagboek neem jou op ’n geloofsreis deur onderwerpe soos om God te ken, die drie-enige God, sleutelwoorde van geloof, Psalms, Blydskap en liefde wat geen grense ken nie.
Hierdie keur van Johan se werk is geneem uit van sy topverkoperdagboeke, insluitend Wees stil en weet … en By waters van rus, en sal ’n waardevolle toevoeging tot enige boekrak wees.
Daar is nog geen resensies nie.