Jou Kosbaarste BATE (Selfoonboek) - Voelgoedboeke
-33%
, , , , , ,

Jou Kosbaarste BATE (Selfoonboek)

van Carpe Diem Media Digitaal
Beskikbaarheid:

In voorraad


Wie JY is maak jou ryker as ‘n miljoenêr

JY is jou kosbaarste bate, nie as gevolg van jou nettowaarde nie, maar as gevolg van wie JY is!

R30.00 R45.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 30 Bonuspunte verdien.

As jy wegkyk van materiële dinge (waar geld as maatstaf gebruik word) en na God en jouself kyk, sal jy ontdek…
wie JY is maak jou ryker as ’n miljoenêr.

Die boodskap wat deur geld aan ons oorgedra word, is eenvoudig: “Sonder my is jy niks werd nie, jy het niks, jy is niks nie.” Dis ʼn taal wat deur biljoene mense verstaan word, dit is die taal van die ryk en beroemdes, sowel as die armes en berugtes.

Dit gebeur selde dat jy lees van die geluk van hulle wat die bopunt van die suksesleer bereik het. Hulle het geleer dat geld nie alles is nie – dat geld verganklike dinge (goed) kan koop, maar nie blywende geluk nie. Geld en geluk loop nie noodwendig hand aan hand nie.

Jou Kosbaarste BATE sal jou help om jou eiewaarde te ontdek in ʼn wêreld waar geld die antwoord is en selfs die waarde van mense bepaal. Jy het nodig om jouself te waardeer. As jy weet hoe om te bepaal wat jy regtig werd is, sal jy anders dink, praat en doen, want jy sal anders voel oor jouself.

JY is jou kosbaarste bate, nie as gevolg van jou nettowaarde nie, maar as gevolg van wie JY is!

SKU: 9781432208585 Kategorieë: , , , , , ,

Carpe Diem Media Digitaal

error: Inhoud Is Beskerm!!