fbpx
-20%
, , , , , ,

Leef, lag en loof (ePub)

van Carpe Diem Media

Dagstukke om jou gees te voed en jou hart te verbly

Vroue soos Liesel Krause-Wiid, Natasha Joubert, Liza Brönner, Cordelia en ander gewone vroue wat glo skryf saam om jou weer die lewe se lekker kant te wys.

Die Woord word werklik in die alledaagse dinge. Vriendinne wat saam lag en oor die lewe wonder … Die liefde van ’n ma vir haar kinders … Goeie maniere teenoor kollegas …

Lees met ons Verrso digital reader app.

R115.00 R144.00

“Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is.
Ek prys my God wat my gered het.”
PSALM 18:47

Dit is seker wat elke vrou die meeste begeer: om te leef in hierdie wêreld en nogtans die Here te loof, tog nog soms te lag. Want dis nie meer so maklik om te glo dat jy Sy geliefde is nie. Dit word al hoe moeiliker om jou seëninge raak te sien, vrolik en dankbaar te wees.

Daarom skryf bekende vroue soos Liesel Krause-Wiid, Natasha Joubert, Liza Brönner, Cordelia saam met gewone vroue wat glo om jou weer die lewe se lekker kant te wys.

Dit maak nie saak wie jy is, waar jy vandaan kom of wat ander mense oor jou sê nie. Elke vrou se storie is belangrik. Wat jy dink en voel is betekenisvol. Jou lewe, selfs al sou jy dink dit is vaal en vervelig, kan diegene rondom jou inspireer.

Die Woord word werklik in die alledaagse dinge. Vriendinne wat saam lag en oor die lewe wonder … Die liefde van ’n ma vir haar kinders … Goeie maniere teenoor kollegas …

In die dagstukke in Leef, lag en loof  kan jy ’n hele jaar lank lees oor

  • die persoonlike vertellings van vroue net soos jy.
  • hoe God elke vrou ontmoet in haar eie worsteling.
  • genade en hoop wat strek tot waar mense nie kan sien nie.

Dan sal jy elke oggend en aand sê: Prys die Heer, ek is ’n geseënde vrou wat voluit leef en lag!

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Leef, lag en loof (ePub)”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!