Lewe in volkleur (Oudioboek) (Aflaaibaar-MP3) - Voelgoedboeke
-21%
, , , , ,

Lewe in volkleur (Oudioboek) (Aflaaibaar-MP3)

van Carpe Diem Media Digitaal

Weet wie jý is en verstaan ander mense beter

Die topverkoperboek oor hoe om jou eie temperament te bepaal en al jou verhoudings te verbeter, is nou ook as oudioboek beskikbaar.

R94.00 R119.00

As jy die produk koop kan jy 94 Bonuspunte verdien.

Mense verskil. Elkeen dink anders, doen anders en het ’n ander siening van pret, stres, besluitneming of hoe om dinge gedoen te kry. Stel jou voor hoe suksesvoller en gelukkiger ons sal wees as ons die insig het om onsself en ander te verstaan!

LYNETTE BEER wys jou hoe om jou persoonlike en professionele drome te bewaarheid. Die vier kleure en persoonlikheidstipes sal jou help om op alle gebiede van jou lewe uit te styg – van jou verhoudings tot jou loopbaan.

As jy LEWE IN VOLKLEUR klaar geluister het, sal jy kan sê jy KEN jouself. Jy sal na die drie ure luistertyd verstaan hoe jou temperament werk en hoe dié van ander mense by joune aanhaak … of daarmee bots.

BONUS #1 – TEMPERAMENTTOETS
Ingesluit is ’n 15-minuut-toets wat jy kan aflaai. Dit sal jou oë oopmaak vir die vier basiese temperamente en die een wat by jou oorheersend is. Dit sal jou ook inspireer om meer te maak van jou sterkpunte en minder vas te val in die swakkeres.

BONUS #2- OPSOMMING VAN FOKUSAREAS VIR ELKE KLEUR
Jy kan ook vir elke temperament tabelle met ekstra inligting oor hulle eienskappe aflaai. Deur dié kennis toe te pas, sal jy makliker kommunikeer, konflik ontlont en hartskonneksies aanknoop.

LYNETTE BEER se lewe is net so kleurryk soos haar boek. Sy is ’n baanbreker in persoonlike ontwikkeling en korporatiewe groei.

Lynette staan aan hoof van die maatskappy, Seeds of inspiration, wat motiveringspraatjies, opleiding en berading aan maatskappye, instellings en skole lewer. Sy is mede-eienaar van EQ4Kids, watkinders se emosionele vaardighede help ontwikkel.

Lynette is ook ’n geliefde verhoudingskenner van Finesse Voelgoed Tydskrif.

SKU: 9781432209438 Kategorieë: , , , , ,

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Lewe in volkleur (Oudioboek) (Aflaaibaar-MP3)”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media Digitaal

error: Inhoud Is Beskerm!!