Lewe in volkleur (Persoonlikheidspakket) (ePub) - Voelgoedboeke
-49%
, , , , ,

Lewe in volkleur (Persoonlikheidspakket) (ePub)

van Carpe Diem Media Digitaal

Weet wie jý is en verstaan ander mense beter

Lynette Beer wys jou hoe om jou persoonlike en professionele drome te bewaarheid. Die vier kleure en persoonlikheidstipes sal jou help om op alle gebiede van jou lewe uit te styg – van jou verhoudings tot jou loopbaan.

R89.00 R174.00

As jy die produk koop kan jy 89 Bonuspunte verdien.

Mense verskil. Elkeen dink anders, doen anders en het ’n heel ander siening van pret, stres, besluitneming of hoe om dinge gedoen te kry. Stel jou voor hoeveel suksesvoller en gelukkiger ons sal wees as ons die insig het om onsself en ander te verstaan!

Lynette Beer wys jou hoe om jou persoonlike en professionele drome te bewaarheid. Die vier kleure en persoonlikheidstipes sal jou help om op alle gebiede van jou lewe uit te styg – van jou verhoudings tot jou loopbaan.

DIT IS WAT JY KRY…
DIE LEWE IN VOLKLEUR-E-BOEK
As jy die e-boek klaar gelees het, sal jy kan sê jy KEN jouself. Jy sal verstaan hoe jou temperament werk en hoe dié van ander mense by joune aanhaak … of daarmee bots.
BONUS #1 – TEMPERAMENT-TOETS
Ingesluit is ’n 15 minuut-toets wat jou oë oopmaak vir die vier basiese temperamente en die een wat by jou oorheersend is. Dit sal jou ook inspireer om meer te maak van jou sterk punte en minder vas te val in die swakkeres.
BONUS #2 – 60 MINUUT-VIDEO
Die video’s in MP4-formaat bevat Lynette se 12 geheime rakende persoonlikheidstipes. Deur hierdie kennis toe te pas, sal jy makliker kommunikeer, konflik ontlont en hartskonneksies aanknoop.

Carpe Diem Media Digitaal

error: Inhoud Is Beskerm!!