fbpx
-80%
, , , , , , ,

Lyfslim vir meisies (Ouerskappakket) (ePub)

van Carpe Diem Media

Oor jou lyf, seks en seunsdinge

Hoekom wag tot jou kind die verkeerde inligting oor haar lyf, seks en seunsdinge by maats kry en dit dan probeer regstel? Seksualiteit is ’n seën, mits dit reg hanteer word.

R23.80 R119.00

Hoekom wag tot jou kind die verkeerde inligting oor haar lyf, seks en seunsdinge by maats kry en dit dan probeer regstel? Seksualiteit is ’n seën, mits dit reg hanteer word.

Op ’n pittige maar deskundige manier deel Gretha Wiid haar wysheid van dekades se werk met ouers en kinders, en as ’n ma van vier. Sy gee slim strategieë om hierdie moeilike onderwerp te benader.

Dié ouerskappakket is vir elke ouer wat die bron met die meeste invloed en geloofwaardigheid oor seks in hulle kinders se lewe wil wees.

Die e-boek Lyfslim vir meisies, vir meisies van 11 jaar en ouer, is ’n handleiding vir al daardie vrae en vrese, soos:

  • Wat is vry en wat mag jy doen en wat nie?
  • Hoekom groei party meisies se borste vinniger?
  • Wat is menstruasie en hoe moet jy dit hanteer?
  • Hoe sê jy nee vir dom goed wat tieners aanvang?

Jy kan hierdie boek saam met jou kind lees of dit vir haar gee om te lees en dit dan met haar bespreek.

Die video’s (MP4-formaat) Lyfslim kinders het seksslim ouers nodig verskaf wenke en strategieë om kinders te help met ’n gesonde siening oor seksualiteit.

  1. Die boek kan jou nie vervang nie
  2. Doen eers jou eie huiswerk
  3. Voor jy begin praat: Weet jy wat jou kind reeds weet?
  4. Op jou merke … gereed … práát!
  5. Die mites en die mooi van menstruasie vir meisies
  6. Maak jou seun ’n magtige man met respek vir menstruasie
  7. Ken die dinge wat jou seun se hart en lyf raak
  8. Die groot onderwerp van pornografie en jou nuuskierige kind
  9. Respekteer wat in jou kind se hart gebeur
  10. Liefde en vergifnis is ’n gedugte span

GRETHA WIID skryf reguit en eerlik omdat tieners asseblief tog net die waarheid wil weet oor moeilike issues soos grootword, seks en die teenoorgestelde geslag. Dié pakket is soos ’n persoonlike stap-vir-stap-handleiding vir al die vrae en worries wat meisies van 11 jaar en ouer mag hê.

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Lyfslim vir meisies (Ouerskappakket) (ePub)”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!