fbpx
-21%
, , , , ,

Lyfslim vir seuns (Ouerskappakket)

van Carpe Diem Media
Beskikbaarheid:

In voorraad


Oor jou lyf, seks en meisiedinge

Hoekom wag tot jou kind die verkeerde inligting oor sy lyf, seks en meisiedinge by maats kry en dit dan probeer regstel? Seksualiteit is ’n seën, mits dit reg hanteer word.

R134.00 R169.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 134 Bonuspunte verdien.

Hoekom wag tot jou kind die verkeerde inligting oor sy lyf, seks en meisiedinge by maats kry en dit dan probeer regstel? Seksualiteit is ’n seën, mits dit reg hanteer word.

Op ’n pittige maar deskundige manier deel Gretha Wiid haar wysheid van dekades se werk met ouers en kinders, en as ’n ma van vier. Sy gee slim strategieë om hierdie moeilike onderwerp te benader.

Dié ouerskappakket is vir elke ouer wat die bron met die meeste invloed en geloofwaardigheid oor seks in hulle kinders se lewe wil wees.

Die e-boek Lyfslim vir seuns, vir seuns van 11 jaar en ouer, is ’n handleiding vir al daardie vrae en vrese, soos:

  • Hoe voel dit om te soen en te vry?
  • Wat is wet dreams en hoe moet jy dit hanteer?
  • Hoe hanteer jy pornografie en jou nuuskierigheid?
  • Hoe sê jy nee vir dom goed wat tieners aanvang?

Jy kan hierdie boek saam met jou kind lees, of dit vir hom gee om te lees en dit dan met hom bespreek.

Die video’s (MP4-formaat) Lyfslim kinders het seksslim ouers nodig verskaf wenke en strategieë om kinders te help met ’n gesonde siening oor seksualiteit.

  1. Die boek kan jou nie vervang nie
  2. Doen eers jou eie huiswerk
  3. Voor jy begin praat: Weet jy wat jou kind reeds weet?
  4. Op jou merke … gereed … práát!
  5. Die mites en die mooi van menstruasie vir meisies
  6. Maak jou seun ’n magtige man met respek vir menstruasie
  7. Ken die dinge wat jou seun se hart en lyf raak
  8. Die groot onderwerp van pornografie en jou nuuskierige kind
  9. Respekteer wat in jou kind se hart gebeur
  10. Liefde en vergifnis is ’n gedugte span

GRETHA WIID skryf reguit en eerlik omdat tieners asseblief tog net die waarheid wil weet oor moeilike issues soos grootword, seks en die teenoorgestelde geslag. Dié pakket is soos ’n persoonlike stap-vir-stap-handleiding vir al die vrae en worries wat seuns van 11 jaar en ouer mag hê.

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Lyfslim vir seuns (Ouerskappakket)”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika