Maak jou kind skermslim - Voelgoedboeke
-60%
, , , , ,

Maak jou kind skermslim

van Carpe Diem Media
Beskikbaarheid:

In voorraad


Hoe om digitale en sosiale media veilig te gebruik

Wat elke ouer moet weet om kinders te leer hoe om veilig te bly in ’n digitale wêreld. Ingesluit by die boek is ’n DVD met 20 video’s om gesprekke aan die gang te sit, asook ’n gratis oudio-opname.

R79.00 R199.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 79 Bonuspunte verdien.

Tegnologie hou groot voordele vir kinders van alle ouderdomme in – mits ouers hulle help om dit te bestuur. Ouers behoort mentors te wees, en nie bloot te monitor waarmee hulle kinders besig is nie.

MAAK JOU KIND SKERMSLIM is propvol praktiese wenke, gebaseer op akademiese navorsing en eerstehandse ervaring. Dis presies waarvoor ouers gewag het – hoe om jou kind te leer om digitale en sosiale media veilig te gebruik!

TEMAS WAT AANGERAAK WORD, SLUIT IN…
■ Die ontwikkeling van sosiaal-emosionele vaardighede
■ Om balans te kry tussen die virtuele en regte wêreld
■ Die bou van veilige en gesonde verhoudings
■ Om kuberboelies en aanlyn seksjagters te vermy
■ Hoe om persoonlike inligting te beskerm
■ Herken en vermy fopnuus en verdagte inhoud

BONUS #1 – 60-MINUUT-VIDEO
Die DVD in MP4-formaat bevat 20 video’s met ekstra inligting en vrae om julle gesprekke oor aanlyn issues aan die gang te sit. Sommige temas is opwindend, ander is ongemaklik … Maar hierdie sáám kyk en sáám praat, gaan julle veilig hou.

BONUS #2 – 60-MINUUT-OUDIO
Die oudio-opname kan gratis afgelaai word in MP3-formaat. Jy en jou kind kan daarna luister in die motor, terwyl julle saam stap of ontspan, of tydens gesinstye.

SKU: 9781432209179 (CDK07) Kategorieë: , , , , ,

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Maak jou kind skermslim”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!