MANSGENOEG! - Voelgoedboeke
-20%
, , , , , , , ,

MANSGENOEG!

van Carpe Diem Media
Beskikbaarheid:

In voorraad


… om ’n man na God se hart te wees

100 aanhalings wat mans roer! En wysheid wat elke man, oud of jonk, daagliks self kan toepas om ’n beter man te word.

R148.00 R184.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 148 Bonuspunte verdien.

Die wêreld het godvresende mans nou nodiger as ooit tevore. Dié wat sal opstaan en die leiding neem by die huis, die kerk, die werk en in die gemeenskap.

Paulus sê in 1 Korintiërs 16:13: “Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk!” Mans se manlikheid word uitgedaag. Dit is ’n oproep tot waagmoed en dapperheid … om MANSGENOEG! te wees.

Ten spyte van wat die wêreld as manlikheid voorhou, beteken dit nie om macho, arrogant of dominerend te wees nie. Eerder om ’n man na God se hart te wees. Gedissiplineerd in jou geloof, in jou huwelik, as pa, by die kerk, by die werk, en as volgeling van Jesus.

Mans kyk dikwels na ander vir inspirasie. 100 mans soos Jannie Putter, Stephan Joubert, Wouter Snyman en Frank Rautenbach gebruik aanhalings wat hulle geroer het én deel hulle wysheid wat elke man, oud of jonk, daagliks self kan toepas om, soos wat ons almal na streef, ’n beter man te word.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!