fbpx
-10%
, , , , , , ,

My Bybelstorieboek Oor Jesus (Hardeband)

van Cum Books

Heath McPherson teken sonderlinge illustrasies en is ’n animasiekunstenaar. Hy het onder andere die illustrasies vir Oliver Chin se boek Timmy and Tammy’s Train of Thought gedoen asook ’n paar advertensies se animasie.

R259.00 R287.00

Die Bybel vertel een storie, en dit gaan oor Jesus.

Hierdie oulike, interaktiewe Bybelstorieboek gee kinders die groot prentjie oor God se storie. My Bybelstorieboek oor Jesus bevat 100 stories wat heenwys na Jesus en is ’n opwindende reis deur die Bybel. Die prentjies word ook lewendig met die gratis app wat afgelaai kan word met ’n QR-kode in die boek. Hierdie app bied ook die opsie dat die stories in Engels voorgelees word.

Elke storie in My Bybelstorieboek oor Jesus wys vir ses- tot tienjarige kinders hoe God die hele tyd beplan het om mense te red.

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “My Bybelstorieboek Oor Jesus (Hardeband)”

Daar is nog geen resensies nie.

Cum Books

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 3-5 werksdae van Suid Afrika