fbpx
-50%
, , , , , , , ,

My één woord

van Carpe Diem Media

… elke week uit God se Woord

Die Vroue wat Glo Dagstukkieboek met Joernaalbladsye fokus week vir week op een woord op ’n slag in die Bybel.

R109.00 R219.00

Die meeste van ons voel oorweldig deur die gedagte van ’n groot geloofsplan, soos om die Bybel in ’n jaar deur te lees. Of om elke week ’n Bybelvers te memoriseer. Ons wil dit graag doen, maar kom nie daarby uit nie.

Wat van die eenvoudige dissipline van fokus op een woord, elke week van die jaar? Dis reg, slegs één woord uit God se Woord …

52 geloofsvroue soos Liesel Krause-Wiid, Karien Basson en Greta Müller het elkeen één woord gekies, asook sleutel-Bybelverse waarin hierdie woord voorkom. Dit sal jou help om die geloofsavontuur wat God vir jou beplan het, uit te leef en terselfdertyd meer te leer.

Woorde sluit in: hoop, dankbaar, genade, Jesus, vrede … Elke woord sal jou lewe verander, jou dieper in die Skrif intrek, en jou nader aan Hom en mense bring. Dit sal jou geloof laat groei!

Hierdie dagstukkies is nie net nog ’n item op jou doenlysie nie. Beskou dit as ’n reis om agter te kom watter groot dinge God in en deur jou wil doen. Dit is ook ’n proses van leer en vorming, waartydens Hy vir jou sal wys wat regtig belangrik is en wat vir altyd ’n verskil in jou lewe sal maak.

’n Joernaalbladsy na elke dagstukkie sal jou help om die meeste uit My één woord te haal. Daar kan jy die betekenis van die woord neerskryf en hoe jy dink God wil hê jy die woord moet uitleef.

Volgens jou persoonlike behoeftes kan jy ook in die inhoudsopgawe één woord kies wat jy graag beter wil verstaan. Dit kan die lens word waardeur jy jou lewe in daardie week sal ontdek en waardeur jy jou hart en lewe kan ondersoek.

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “My één woord”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika