’n Ballade vir Nkunzi - Voelgoedboeke
-10%
, , , ,

’n Ballade vir Nkunzi

van Lapa

Armoede doen die mens pyn aan wat veel dieper as honger, skuiling, kleding en ander geriewe gaan. En tog koester Bennie Welman sy drome teen hierdie agtergrond van uiterste ellende.

R256.00 R285.00

As jy die produk koop kan jy 128 Bonuspunte verdien.

“Weet jy wat is die heel beste van
flat rock bottom wees? As jy eers
dáár is, kan alles en enigiets jou
droom wees.”
Dit was die woorde van Drien Welman aan haar oudste
seun Bennie wanneer hulle vir die soveelste keer by die
laaste stukkie kos in die huis gekom het.
Bennie neem die leser terug na sy grootwordjare waar
die Welman-gesin van nege op Simmer Deep gewoon
het – van die middel sestigs tot middel tagtigs. Sy
verhouding met sy pa is stormagtig want Bennie koester
geen respek of liefde vir hom nie. Bernard Welman is
aan die een kant ’n gewelddadige woestaard, alkoholis
en ’n wildewragtig lorriedrywer en aan die ander kant ’n
talentvolle musikant en sanger in eie reg. Die enigste
ding wat die kloof tussen pa en seun soms oorbrug is hul
liefde vir musiek.
Ten einde die donker wolk van uiterste armoede en
ellendes te oorleef leer Bennie om homself te distansieer
en dit stoïsyns te verduur. Hy put krag uit sy ma, ’n trotse
vrou, wat deurgaans soos ’n rots onder die aanslae bly
staan in ’n poging om die gesin bymekaar te hou.
’n Ballade vir Nkunzi beweeg van die een bisarre
situasie na die volgende in ’n kroniek van smart, verraad
en ’n goeie skeut galgehumor. Uiteindelik word dit ’n
verhaal van triomf van die menslike gees oor
verwoestende lewensomstandighede.

SKU: 9780799399219 Kategorieë: , , , ,

Lapa

Versend vanaf

Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!