fbpx
-80%
, , , ,

’n Huwelik wat hou! (Huwelikspakket)

van Carpe Diem Media

Vir pasgetroudes, ou getroudes en paartjies wat op trou staan

n Huweliksboek wat jou en jou maat kan help om saam te staan teen enigiets wat julle uitmekaar wil trek.

R49.80 R249.00

Gretha Wiid se boek bevat 26 geheime om ’n paartjie te help saamstaan teen enigiets wat julle uitmekaar wil trek. Die aparte boekie ’n Liefdesuitdaging sal help om julle vaardighede te slyp sodat julle sterker anderkant sal uitkom.

Ons hardloop die rotteresies, net om eendag wakker te word en te besef: Ons twee is nie meer so naby aan mekaar soos voorheen nie. Een effektiewe manier om ’n huwelik te laat hou is om tyd en energie daarin te belê en julle huwelik die hoogste prioriteit te maak – soos toe julle nog uitgegaan het.
Gretha Wiid deel haar insigte, soos hoe om die konneksie te behou ten spyte van hindernisse en hoe om op die regte manier te baklei. Sy gee ook nuttige gereedskap om die sprankel te behou, selfs as julle al lank getroud is. En hoe om seksuele en emosionele probleme te oorkom.
Of julle pas getroud is of al baie sakke sout saam opgeëet het, of net wil voorberei vir die reis, ’n Huwelik wat hou! sal julle verhouding omskep in ’n vervullende, suksesvolle en voorspoedige huwelik.

’N LIEFDESUITDAGING VIR JOU (EN VIR HOM)

Die aparte boekie ’n Liefdesuitdaging bevat voorstelle en oefeninge om julle verhoudingsvaardighede te slyp sodat julle kan saamwerk aan ’n vervullende verhouding. Hoe werk dit? Elkeen lees die spesifieke tema en gebruik die spasie in die aparte boekie om julle gedagtes neer te skryf. Julle maak dan ’n afspraak, ontmoet mekaar by julle gunstelingplek en bespreek dit met mekaar. So herhaal julle die stappe vir elke tema.

GETROUDWEES, LIEFDE en SEKS OUDIOBOEK (CD)

Ingesluit by dié huwelikspakket is die oudioboek Getroudwees, liefde en seks (MP3-formaat), met 16 klanksnitte, om julle te help om die probleme in julle huwelik anders te hanteer as in die verlede.

SKU: 9781432208455 Kategorieë: , , , , Etikette: ,

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “’n Huwelik wat hou! (Huwelikspakket)”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!