-20%
, , , , ,

‘n Jaar van Hoop

van Carpe Diem Media
Beskikbaarheid:

In voorraad


Andries Enslin se besielende dagstukke sal jou jaar en jou lewe vul met verwondering, krag, energie en liefde.

R112.00 R140.00

In voorraad

Hoop jy op ’n beter toekoms?

Hoop jy op ’n suksesvolle lewe?

Hoop jy op ’n vreedsame land?

Dit maak nie saak wie jy is nie – ons almal het hoop nodig!

’n Jaar van hoop sal jou oortuig dat God nog steeds in beheer is van alle aspekte van jou lewe. Dit sal jou motiveer om anders te dink en te leef omdat jy seker is van Sy versorging en liefde.
Hierdie Bybeldagboek bevat ’n jaar se oordenkings wat jou uitkyk op die lewe sal verander en jou meer hoopvol sal maak. Elke week handel oor ’n spesifieke tema. Jy kan dus kies watter week jy wil lees, na gelang van jou behoefte, en dit dan afmerk.

Dink ook aan dinge wat jou kwel en seermaak; sake wat jou lewe deurmekaar krap. Bring dit in gebed na die Here toe. Daardeur wys jy dat jy bereid is om aan te hou vra en steeds hoop het vir iets beters …

Andries Enslin se besielende dagstukke sal jou jaar en jou lewe vul met verwondering, krag, energie en liefde. Oor naweke kry jy die kans om geestelik dieper te delf en die week se tema in jou eie lewe in te werk.

Mag jy vandag sover kom om daardie dinge in jou lewe wat jou terughou, te ignoreer. Maak hierdie jaar jóú jaar … ’n jaar van ’n nuwe jy, gevul met hoop!

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika