fbpx
-20%
, , , , , , , , , , , , , , ,

‘n Nuwe dag

van Carpe Diem Media
Beskikbaarheid:

In voorraad


“Hy gee die vermoeides krag; Hy versterk diéŽ wat nie meer kan nie.” Jesaja 40:29

‘n Nuwe Dag wil jou herinner dat God daar is om jou elke dag te help; om jou vol te charge en genoeg krag te gee om deur elke dag te kom.

R111.00 R139.00

In voorraad

“Jy wonder elke oggend wat alles daardie dag vir jou voorlê. Jy bid gou en vra vir Sy leiding; maar in jou agterkop het jy klaar jou eie planne in plek en jou program is haarfyn uitgewerk. Dis tyd dat jy elke oggend daaraan herinner word dat jy die dag as geskenk ontvang het en dit nie as van selfsprekend moet sien nie.

Soms voel alles net te oorweldigend en voel dit nie of jy krag het vir die volgende uitdaging op jou pad nie. ’n Nuwe Dag wil jou herinner dat God daar is om jou elke dag te help; om jou vol te charge en genoeg krag te gee om deur elke dag te kom.

In hierdie Bybeldagboek kry jy ’n jaar se oordenkings deur omroepers en bekende stemme op Radiokansel en Radio Kaapse Kansel:

Almarie du Preez

Bob Gass

Brad Kirsten

Dmitri Murray

Isak Burger

Janine van Niekerk

Jannie le Roux

Jannie Putter

Johann Els

Liesel Krause-Wiid

Wanda Bam

Wynand Rossouw

Elkeen van die 12 skrywers is verantwoordelik vir ʼn maand se dagstukkies. Wat dit so uniek maak is dat jy ʼn hele jaar verskillende stemme sal hoor en elke boodskap sal dus ’n nuwe; vars aanslag hê en met jou hart práát. Oor naweke kan jy stiltetyd saam met God spandeer; deur ʼn gunstelingvers te kies; met God te praat en dit deel van jou elke-dag-lewe te maak.”

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “‘n Nuwe dag”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!