fbpx
-19%
, , , , ,

’n Tas vol blues songs (ePub)

van Carpe Diem Media

Eers wanneer Kath-Lien die Pandora-boks in die verweerde strandhuisie op ’n windverwaaide Langebaan gaan oopmaak en haar dogtertjie-self teen haar hart vasdruk, kry sy die sleutel waarvan haar sielkundige gepraat het. Dis in haar eie hart!
Haar tas vol blues songs, so weet Kath-Lien nou, is eintlik haar skatkis. Als was nie sleg nie. Daar is ook Songs of Life in haar kleintydtas. En sy moet self haar eie unieke lied met háár hartspore daarop skep.

Lees met ons Verrso digital reader app.

R110.00 R136.00

Goodbye to Toxic Men … As iemand Kath-Lien Carstens, glansvrou en topskrywer, nou met dié treffer in haar hand moet sien, is die land aan die gons! Sy weet maar alte goed die aasvoëls van die smeerpers slyp hulle gifpenne om enige skande van bekendes teen die lamppale uit te basuin.

Kath-Lien mag dalk die pers ontduik. Maar sal dié selfhelpgids haar die sleutel gee om ’n nuwe deur oop te sluit? Kan dit haar toksiese huwelik ontgif? En hoe stuit sy die golwe van daardie ander tsunami wat ook haar seun, Melt, en peetdogter, Rebecca, wil saamsleur?

Eers wanneer sy haar dogtertjie-self teen haar hart vasdruk, op ’n windverweerde Langebaan, kry Kath-Lien die sleutel waarvan haar sielkundige gepraat het. Die missing clue na geluk was al die tyd in haar eie hart.

Haar tas vol blues songs, besef sy, is eintlik haar skatkis. Alles in haar verlede is nie sleg nie. Sy gebruik haar sleutel om ’n nuwe hoofstuk oop te sluit en neem verantwoordelikheid as outeur om die volgende hoofstukke in haar lewensboek met meer oorwinning en outoriteit te skryf.

’n Tas vol blues songs is die verhaarl van ’n vrou se reis deur die
puin van ontnugtering – tot by ware hoop, genade en selfontdekking.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!