fbpx
-14%
, , ,

Naglig (ePub)

van Carpe Diem Media

Betree jou lewe na 40 met passie!

Naglig is die verhaal van ‘n vrou wat leer geen sonde is te groot om bely en vergewe te word nie, en vergifnis moet aanvaar word.

Lees met ons Verrso digital reader app.

R60.00 R70.00

Moon is anderkant veertig en verveeld
met haar lewe … en veral met haar man, Albèr.
Dan ontmoet sy Daniel, die aantreklike
en baie jong kunstenaar wat saam met haar glo
in hartstog en die verterende vuur van die liefde …

Hulle passie vir mekaar is ’n eksotiese en ongeëwenaarde plesier wat die leemte in haar hart volmaak, haar lyf jonk en mooi laat voel en haar lus vir die lewe en haar kuns gee. Vir die ander mense om haar, haar man en dogter, is die vrugte egter wrang en bitter.

Uiteindelik moet Moon op ’n reis gaan – ’n werklike reis om weg te kom en perspektief te kry. Dis ook ’n sielsreis om van haar geliefde Daniel te probeer vergeet en haar hart te suiwer. Want net dan, weet sy, kan sy ’n nuwe mens word en haar huwelik hervat.

Naglig deur Christa Jonker-Jordaan is die verhaal van ’n vrou wat moet leer dat geen sonde te groot is om bely en vergewe te word nie, en dat vergifnis iets is wat geskenk maar ook aanvaar moet word.

Christa Jonker-Jordaan is getroud met Gerrit. Hulle het vier kinders en twee kleinkinders en woon in Bloemfontein. Vyf boeke uit haar pen het reeds die lig gesien en haar bydraes is in tientalle dagstukkieboeke en ander samestellings gebruik. In 2008 het haar tienerboek Lyf die gesogte ATKV Woordveertjie-toekenning ontvang.

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Naglig (ePub)”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!