fbpx
-30%
, , , , ,

Nuwe Jy–tydskrifboek #4

van Carpe Diem Media
Beskikbaarheid:

In voorraad (can be backordered)


Die Nuwe Jy-tydskrifboek #4 is propvol gesondheidsraad, fiksheid- en dieetplanne, asook wenke om gelukkig te wees. Dit lyk en voel soos ’n tydskrif, maar jy sal dit oor en oor wil lees, soos ’n boek.

R69.00 R99.00

In voorraad (can be backordered)

Die Nuwe Jy-tydskrifboek #4 is propvol gesondheidsraad, fiksheid- en dieetplanne, asook wenke om gelukkig te wees. Dit lyk en voel soos ’n tydskrif, maar jy sal dit oor en oor wil lees, soos ’n boek.

Met die sprankelende Mandi Baard op die voorblad sal jy hierdie uitgawe graag op jou koffietafel laat lê. Mandi maak haar hart oop oor vrede maak met jou lyf en hoe om ’n gesonde leefstyl deel van jou roetine te maak.

Sy ken die uitdagings van ma-wees, besig wees, om te bly by ’n oefenroetine en die behoefte om aanvaar te word. Vandag is sy gemaklik in haar vel en deel graag haar lewenslesse hieroor.

Wanneer laas het jy gemaklik in jou stywe jeans gepas? Maak eers ’n kopskuif en leer by kenners hoekom jy nie gewig verloor nie. Dit kan wees dat jy dalk te veel gesonde kos eet! Volg die eetplanne en Linda Kriel-oefeninge wat by jóú figuur pas. Jy sal mooi en gesond binne en buite voel.

Daar is ook alles wat jy moet weet oor die koop van velsorgprodukte. Skoonheid lê dieper as die vel, maar as iets jou tien jaar jonger kan laat lyk, is dit mos ’n bonus.

Voel jy elke dag moeg en sommer net “af”? Dit kan dalk uitbranding wees. Gebruik ons gids en maak seker jy kry die regte behandeling. Volg ook die 5 stappe om gelukkig te wees – dit werk vir seker.

Wil jy mooi, gesond en fiks voel? Dan is die Nuwe Jy-tydskrifboek ’n móét vir jou inkopielysie.

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Nuwe Jy–tydskrifboek #4”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!