Nuwe Jy-tydskrifboek (#3) - Kry jou lyf reg! - Voelgoedboeke
-12%
, , , , , ,

Nuwe Jy-tydskrifboek (#3) – Kry jou lyf reg!

van Carpe Diem Media
Beskikbaarheid:

In voorraad


Professionele gesondheidsraad, eenvoudige fiksheidsplanne en maklike wenke vir streshantering – sodat jy ongelooflik sal lyk en voel.

R73.00 R83.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 73 Bonuspunte verdien.

Die Nuwe Jy–tydskrifboek #3 is propvol gesondheidsraad en fiksheidsplanne,

asook wenke om jou geluk en selfvertroue ’n hupstoot te gee. Dit lyk en voel soos ’n tydskrif, maar jy sal dit oor en oor wil lees, soos ’n boek.

Wonder jy hoe jy voor die werk se afsluitingsgeselligheid in jou swart rokkie gaan pas? Of wil jy graag tydens die seevakansie met jou bikini-lyf spog?

Die nuwe uitgawe van Nuwe jy-tydskrifboek is propvol professionele gesondheidsraad, eenvoudige fiksheidsplanne en maklike wenke vir streshantering – sodat jy ongelooflik sal lyk en voel.

Ontdek hoe positiewe denke jou kan help om fiks te word en boonop jou geluk en selfvertroue ’n hupstoot kan gee. Jy hoef ook nie gimnasium toe te gaan of duur toerusting aan te skaf nie.

Gedurig moeg? Hoe jy vóél, maak jou meer of minder vatbaar vir siektes. Ons verduidelik die verband tussen te min slaap en ’n moontlike gesondheidsprobleem en wat jy daaraan kan doen. Jy sal leer hoe om beheer te neem oor jou emosies sodat jy gesond en energiek kan wees.

Daar is ook maklike oefeninge vir boarms om op trots te wees en antwoorde op al die skoonheidsvrae wat jy te skaam is om te vra.

As die somer jou nie lus maak om jou lyf reg te kry nie, sal Dorette Potgieter se pad na gewigsverlies jou beslis inspireer! Koop jou 2-in-1-bederf vandag nog. Nuwe jy-tydskrifboek #3 (Kry jou lyf reg) lyk en voel soos ’n tydskrif, maar jy sal dit oor en oor wil lees, soos ’n boek.

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Nuwe Jy-tydskrifboek (#3) – Kry jou lyf reg!”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!