Oorvloed (E-Pos) - Voelgoedboeke
-19%
, , , , ,

Oorvloed (E-Pos)

van Carpe Diem Media Digitaal
Beskikbaarheid:

In voorraad


Ons lewens is vol, ons kalenders is vol, tog voel ons leeg…

R64.00 R79.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 64 Bonuspunte verdien.

Jy het die mooi huis, die blink motor, die suksesvolle man … tog voel dit vir jou asof iets kort.
In die Johannes-evangelie het Jesus iets hieroor te sê: “’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed” (Johannes 10:10). Die duiwel kom steel, vernietig en doodmaak, maar Jesus het gekom sodat ons ’n lewe van oorvloed kan hê.

Andries Enslin wys jou oor 40 dae wat dit beteken. Hoekom juis 40 dae? Elke keer wat God iemand wou voorberei om iets vir Hom te doen, het Hy 40 dae gebruik. Moses was anders na 40 dae op die berg Sinai. Jesus het krag gekry na 40 dae in die woestyn.

Met dié Bybelstudie Oorvloed, bestudeer jy elke dag drie gedeeltes uit die Bybel volgens die tema vir die dag. Na elke gedeelte is daar drie stappe wat jou aanmoedig om dieper in die Woord te delf:

SKRYF DIE WOORDE IN GRYS NEER | Spandeer tyd saam met God deur die kernwoorde neer te skryf en dit te bid. Gebed gebaseer op die Woord is kragtig! Onthou, die doel is om sy stem te hoor en daarna te luister.
WAT SÊ GOD VIR JOU VANDAG? | Skryf twee of drie dinge neer wat jy ontdek het terwyl jy die kernwoorde bestudeer het. Is daar ’n opdrag om uit te voer? ’n Sonde om te bely? Of ’n belofte waarop jy aanspraak kan maak?

HOE PAS JY DIT TOE IN JOU LEWE? | Dit is belangrik om dit wat jy geleer het, toe te pas. Skryf neer wat jou reaksie is op dit wat God vandag vir jou gewys het. Hoe gaan jy hierdie vers(e) prakties uitleef?
As jy graag wil groei, gee God 40 dae! Op jou eie of in ’n groep, Oorvloed sal jou help om die beste uit jou Bybelstudie te kry.

SKU: 9781432208448 Kategorieë: , , , , ,

Carpe Diem Media Digitaal

error: Inhoud Is Beskerm!!