fbpx
-20%
, , , , , ,

Oulike ma (ePub)

van Carpe Diem Media

100 antwoorde op vrae oor jou kinders

Oulike Ma verstaan jou en bevat al die wenke wat jy nodig het om die ma te wees wat jy wil wees. Hierdie eerlike boek praat in 100 stukke reguit met jou hart én verstand. Om jou as ma al hoe ouliker te maak, is daar ware verhale van gewone én buitengewone vroue, en die praktiese advies van kenners en deskundiges wat ouerskap ken.

Lees met ons Verrso digital reader app.

R64.00 R80.00

Ma’s weet nie altyd alles nie, maar oulike ma’s weet waar om na antwoorde te soek! Oulike Ma bied jou antwoorde oor die plesiere en gevare van Mxit en WhatsApp en whatever. Ook oor wat om met jou kleuter en haar tantrums te doen, hoe om jou kind voor die TV weg te kry en vir jou tiener te verduidelik wat spiking en hard to get-speletjies is.

In Oulike Ma is daar 100 antwoorde vir jou vrae oor ma-wees. Jy sal raad vind vir jou mamma issues soos:

  • inligting oor die tegnologie waarmee jou kind besig is
  • hoeveel vasvat-liefde en aandag kleuters nodig het
  • hoe om speeltyd met jou kind in jou program in te bou
  • wat jy moet weet van groepsdruk en tienergiere en -maniere
  • die balans tussen aanvaarding van jou kind en leiding gee
  • die kuns om jou kind van God se liefde en die ewige lewe te leer.

Oulike Ma praat reguit met jou hart én verstand deur ware verhale van gewone én buitengewone vroue, en die praktiese advies van kenners en deskundiges wat ouerskap ken. Dit bevat al die wenke wat jy nodig het om die ma te wees wat jy wil wees.

SKU: 9781432202842 Kategorieë: , , , , , ,

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika