fbpx
-80%
, , , , ,

Praat, Here. Ek luister. (ePub)

van Carpe Diem Media

Troos en hoop uit die Psalms, vir elke dag.

Wat is jou spesifieke behoefte? Troos en gerusstelling? Met watter probleem worstel jy? In 52 uitgesoekte psalms verander Jaco Thom die rigting van die gesprek.

Hier kom God self aan die woord en beantwoord al jou vrae en gee jou troos …

Lees met ons Verrso digital reader app.

R20.80 R104.00

Die skrywers van die psalms in die Bybel het gevaar en nood geken.

Hulle moes die aanslag van vyande die hoof bied.

Hulle moes op verlate paaie reis waar rowers hulle kon oorval.

Hulle het dikwels ver van God af gevoel.

Baie soos jy vandag.

Maar die skrywers van die psalms in die Bybel het ook geweet waar hulle hulp vandaan kom.

Hulle het geweet Wie vir hulle in die bres sou tree as die vyand beledigings rondslinger en dreigemente teen hulle maak.

Hulle het geweet dat hulle moet aanhou roep en soek na God tot Hy antwoord.

Net so kan jy ook vandag.

Wat is jou spesifieke behoefte? Troos en gerusstelling? Met watter probleem worstel jy? Veronregting? Op watter kwelling soek jy antwoorde? Jou futlose geloof?

Kom kry dit in Spreek, Here, ek luister.

In 52 uitgesoekte psalms verander Jaco Thom die rigting van die gesprek.

Hier kom God self aan die woord en sê: Ek hoor jou hardop roep na My om hulp … Kom na My toe en vind rus by My …

Vandag wil Ek my arm om jou sit en jou teen My vasdruk.

Die skrywer het gedagtes en vrae bygevoeg wat jou verder kan laat nadink en sluit ook telkens af met ’n gebed.

Die boek sal jou help om nie net God se stem nuut te hoor nie, maar ook om nuut te bid vir jouself, die mense om jou en die wêreld waarin ons woon.

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Praat, Here. Ek luister. (ePub)”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!