-50%
, , , , ,

Práát oor depressie (Depressiegids)

van Carpe Diem Media
Beskikbaarheid:

In voorraad


’n Selfhelpgids vir ouers en onderwysers EN ’n Selfdoenboek vir depressievegters

R124.00 R249.00

In voorraad

Meer en meer mense word vandag met depressie gediagnoseer en baie van hulle is kinders.

Depressievegters en mense wat depressievegters ken, moet weet wat die siekte behels. Johan Laten gebruik sy eie ervaring van die siekte om ouers en onderwysers op ’n unieke manier te laat verstaan wat depressie behels – die simptome, oorsake en behandeling.

“Die moderne samelewing worstel om gemoedsiektes soos depressie baas te raak. Johan se selfhelpgids bied ’n maklike leeservaring vir die leek, en gee die korrekte inligting en leiding sonder om in mediese terme verstrengel te raak.” –Dr. Piet Oosthuizen, psigiater

Die behandeling van depressie is ’n spanpoging met God as ons bron van krag en hoop, professionele beraders, medikasie, leiding deur ouers en onderwysers – en natuurlik die depressievegter self.
Die Práát oor depressie-pakket bied jou…

• ’N SELFHELPGIDS VIR OUERS EN ONDERWYSERS

Alles wat jy moet weet om die siekte te verstaan. Kwessies wat saam met depressie voorkom, naamlik angs, selfbesering, selfdood en boelies, word eerlik en reguit bespreek.
Die gids bevat ook stap-vir-stap-begeleiding oor hoe om die hulpverlener vir ’n depressievegter te wees.

• ’N SELFDOENBOEK VIR DEPRESSIEVEGTERS

Die depressievegter word aangemoedig om dinge te begin doen. Die stap-vir-stap-benadering en vordering teen eie pas maak dit maklik om na elke volgende fase te beweeg.
Bonus: Ekstra selfdoenboeke kan gratis afgelaai word.

• ’n DVD met MP4-video’s

Hierdie video’s is ’n uitstekende voorstelling van wat dit is om met depressie saam te leef en steeds te funksioneer en te gedy.

Johan praat uit ondervinding en verseker jou dat dit moontlik is om jou doel te vind midde-in jou pyn, om vreugde te beleef ten spyte van jou vrese en om hoop te hê vir môre.

Bonus: Die oudio’s kan gratis afgelaai word in MP3-formaat.

SKU: 9781432208691 Kategorieë: , , , , ,

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Práát oor depressie (Depressiegids)”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika