#RÉGTE GELOOF - Voelgoedboeke
-17%
, , , , , ,

#RÉGTE GELOOF

van Carpe Diem Media
Beskikbaarheid:

Uit voorraad


201 wyshede oor geloof en aanbidding

Die lesse wat 201 gelowiges geleer het uit hulle ontmoetings met God en uit hulle mislukkings én suksesse, as aansporing vir jou.

R119.00 R144.00

Uit voorraad

VERANDER DIE WÊRELD, EEN WYSHEID OP ’N SLAG!

Oor die jare heen het Carpe Diem Media en Finesse Voelgoed Tydskrif eerstehands ervaar hoe boeke die vermoë het om iemand se lewe te verander. Daarom het ons die 201 Wyshede-reeks geskep vir lesers om ook ander met hulle woorde te inspireer.

#RÉGTEGELOOF – 201 WYSHEDE OOR GELOOF EN AANBIDDING
“Wanneer ons vir ander vertel hoe Hy ons lewe verander het, deel ons meer as net woorde.
Ons deel die grootste geskenk, naamlik Jesus.” – LIESEL KRAUSE–WIID, redakteur

Dit is nie maklik om ’n gelowige in vandag se wêreld te wees nie. Die vereistes en verwagtinge wat jou in die gesig staar, kan oorweldigend wees.

In #RégteGeloof sal jy 201 gelowiges teëkom wat ’n ontmoeting met God gehad het wat hulle lewe vir altyd verander het. Die lesse wat hierdie gewone mense uit hulle mislukkings én suksesse geleer het, sal as aansporing vir jou dien.

Jy sal sien hoe God hulle midde-in hulle worsteling met geloof, nadergetrek het. En jy sal ervaar hoe hulle wysheid nuwe lewe gee aan jou geloof.

As jy iemand is wat daarvan hou om jou wysheid met ander te deel, sal ons 201 Wyshede-reeks jou help om presies dit te doen! Jy hoef nie ’n gevestigde skrywer te wees om gepubliseer te word nie.

Skryf slegs ’n eenvoudige stukkie van 100 woorde om ander te help om met meer hoop en passie te lewe. Word deel van die 201 Wyshede-familie, kliek op voelgoed.co.za/201–wyshede.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!