Sielsgedagtes - Voelgoedboeke
-20%
, , , , , , ,

Sielsgedagtes

van Carpe Diem Media
sagteband
Beskikbaarheid:

In voorraad


Oordenkings, soos uitgesaai op RSG

Wanneer jy so oorweldig word, hoor jy nie meer God se Stem nie. Sonder hierdie konneksie met jou Skepper, voel ’n mens alleen en sonder hoop, toegegooi met probleme en frustrasies.

Sielsgedagtes bied jou riglyne vir jou dag en beloftes waaraan jy kan vashou wanneer swaarkry oor jou pad kom. Dis ook as grootdruk beskikbaar.

R144.00 R180.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 144 Bonuspunte verdien.

Sukkel jy ook om te hoor wat die Here se wil vir jou lewe is? Die geraas van die wêreld maak dit moeilik om stil te word en te luister. Daar is so baie stemme wat aandring op jou aandag – jou huweliksmaat, jou kinders, kollegas, sosiale media …

Wanneer jy so oorweldig word, hoor jy nie meer God se Stem nie. Sonder hierdie konneksie met jou Skepper, voel ’n mens alleen en sonder hoop, toegegooi met probleme en frustrasies.

Die 44 skrywers in hierdie Bybeldagboek wil jou daarom elke dag, ’n hele jaar lank verseker dat innerlike vrede en geluk ook vir jou bedoel is. Soos wat hulle stemme oor die radio gehoor is, sal hulle jou leer om weer die belangrikste Stem uit die hemel te hoor.

Sielsgedagtes bied jou …

  • Riglyne vir jou dag – alles van geld tot kinders grootmaak, werk tot ontspanning, goeie gewoontes tot standvastige vriendskappe
  • Insig oor aktuele kwessies waaroor gelowiges vrae het
  • Beloftes waaraan jy kan vashou wanneer swaarkry oor jou pad kom
  • Wyshede en inspirasie uit die pen van Riekert Botha, Stephan Joubert, Piet Smit, Johan Smit, Elza Meyer, Louis Brittz, Retief Burger en ander gewilde predikers van RSG se oggendprogram
  • ’n Alternatiewe grootdruk uitgawe vir makliker lees.

Jy kan die oordenkings lees voor jy met ’n nuwe dag begin. Of jy kan hulle gebruik wanneer jy terugkyk na ’n dag wat verby is. Jy sal telkemale ontdek dat God met jou praat.

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Sielsgedagtes”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!