Skadumagte - Voelgoedboeke
-10%
, , , ,

Skadumagte

van Lapa

’n Regter wat lede van ’n regse organisasie vonnis, word vermoor. ’n Roekelose ondersoekende joernalis volg ’n spoor wat lei na oud-Recces met griewe, ’n geheime organisasie genoem die Beskermers, wraak, intimidasie en verskeie moorde.

R256.00 R285.00

As jy die produk koop kan jy 128 Bonuspunte verdien.

Oud-Recce’s en ’n geheime
organisasie wat plaasmoorde wreek
– Hoe diep moet Mysi Spies grawe
om agter die kap van die byl te
kom?
Regter PG Pienaar, wat lede van ’n regse organisasie gevonnis
het, word in sy deftige huis in Irene, Pretoria, vermoor. ’n
Roekelose en oorywerige ondersoekende joernalis, Mysi
Spies, glo die regses het iets daarmee te doen. Sy volg ’n
spoor wat lei na oud-Recces met griewe, ’n geheime
organisasie genoem die Beskermers, wraak, intimidasie en
verskeie moorde. Iemand fnuik of wreek plaasmoorde. Daar
is ontvoering en intimidasie.
Die regter se weduwee word ook bedreig en moet beskerm
word. Die man wat sy as haar veiligheidswag aanstel, is ’n
oud-Recce. Het hy iets met die moord op die regter te doen?
Of ander grusame moorde? Is hy die man wat ’n paar jaar
gelede deur regter Pienaar gevonnis is toe hy die plaasmoord
van sy gesin gewreek het? Is sy trawante regtig wie hulle sê
hulle is? Hulle behoort almal aan die geheime organisasie die
Beskermers, wat lede werf. Een van hulle is die aantreklike
kolonel Adrian Byant van die SAPD Taakmag. Wat presies is sy
rol? Wat gaan in werklikheid aan op die sogenaamde
oorlewingskampe waar hy en die oud-Recces mense leer van
skiet, selfverdediging en veldoorlewing? Is hulle eintlik met
indoktrinasie en werwing besig?
Mysi Spies werk met die polisie saam. Haar obsessiewe
kompulsiewe gedrag het haar al in groot moeilikheid laat
beland, maar sy stu voort en volg roekeloos en dapper haar
eie spoor, al blyk dit dat haar lewe ook in gevaar is. Mense
wat sy ondersoek wil dié nuuskierige agie wat hulle kan
benadeel, uit die weg ruim.
Sy steek haar nek uit om afgekap te word . . .

SKU: 9780799396058 Kategorieë: , , , ,

Lapa

Versend vanaf

Suid Afrika

error: Inhoud Is Beskerm!!