fbpx
-13%
, , ,

Troos wanneer jy treur

van Carpe Diem Media

40 boodskappe van hoop

40 aangrypende stukke oor doodgaan en die hemel en hoe om vrede met verlies te maak.

R104.00 R119.00

As jy die produk koop kan jy 104 Bonuspunte verdien.

Elkeen van ons sal die een of ander tyd iemand aan die dood afstaan. Om ’n geliefde te verloor is een van die grootste en mees intense uitdagings, en die pyn daarvan kan oorweldigend wees.

Die goeie nuus is, die Vader is by ons, teenwoordig in ons lyding, net soos by Marta en Maria in Betanië. Wanneer alles te veel raak, gee Hy rus. Hy verstaan mense se emosies en verseker ons: Storms is normaal en gaan ook weer verby.

Isak Burger deel sy insig oor die dood en die doodservaring en gee weer nuwe hoop. Ons kan na Jesus toe draai en sy woorde van troos en bemoediging opsoek wanneer ons hulp nodig het op die pad van rou. By Hom leer ons die waarheid oor die lewe, die dood en die hiernamaals.

Troos wanneer jy treur bevat 40 aangrypende stukke oor doodgaan en die hemel en hoe om vrede met verlies te maak. Elke stuk is gegrond op ’n Bybelvers en eindig met ’n diep, persoonlike gebed.

Troos wanneer jy treur is ideaal om iemand by te staan in sy of haar rouproses. Of gee dit as geskenk wanneer jy jou simpatie wil wys en nie weet wat om te sê nie.

SKU: 9781432207625 (CDI05) Kategorieë: , , ,

Gebaseer op 0 resensies

0.0 algeheel
0
0
0
0
0

Wees die eerste om 'n resensie te los vir “Troos wanneer jy treur”

Daar is nog geen resensies nie.

Carpe Diem Media

Verwerking tydperk

Reg om te versend binne 1-3 werksdae van Suid Afrika