Vry, vrolik en bly 1 (Selfoonboek) - Voelgoedboeke
-33%
, , , , , ,

Vry, vrolik en bly 1 (Selfoonboek)

van Carpe Diem Media Digitaal
Beskikbaarheid:

In voorraad


Christene behoort die gelukkigste van almal te wees – nie moedeloos, angstig of ongelukkig nie…

13 geloofsvroue help jou om positief te bly in ’n negatiewe wêreld met beloftes uit die Woord en praktiese doen-dinge.

R30.00 R45.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 30 Bonuspunte verdien.

Dit is maklik om vrolik te wees wanneer alles in jou lewe glad verloop. Tog, Christenwees beteken dat jy ook gelukkig moet wees selfs wanneer omstandighede teen jou draai.

Ja, ons is hartseer oor die toestand waarin die wêreld verkeer. En soms rou ons oor ’n verlies. Maak nie saak wát nie, ons moet bly wees oor die feit dat ons in Christus is en Hy in ons!

Ons mag nie ons geloof en vertroue in God verloor nie. Hy sal sy hand oor ons hou sodat alles uiteindelik tot ons beswil gebeur. Om die waarheid te sê, Christene behoort die gelukkigste van almal te wees – nie moedeloos, angstig of ongelukkig nie.

Vry, Vrolik en Bly! herinner ons daaraan dat die seer en probleme van die wêreld nie vergelyk kan word met die vreugde daarvan om Christus te ken nie. Karien Basson, Annalie Steenkamp-Nel en ander geloofsvroue verklap 13 maniere om jou perspektief te verander en positief te bly in ’n wêreld wat vol uitdagings is.

Die refleksievoorstelle aan die einde van elke tema help jou om jou gedagtes, dinge waarvoor jy dankbaar is en wat jou vervuld en gelukkig laat voel, neer te skryf. Dan kan jy dit gaan dóén en geluk aangee na ander.

Carpe Diem Media Digitaal

error: Inhoud Is Beskerm!!